Kopiereg 2015
Nano Tegnologie As mens die huidige toestand van mikro-biologie met sterrekunde vergelyk, in 1930 is gedink dat die ster Omega Centauri net een ster is, maar gevind dat dit ʼn sterrestelsel met ten minste ʼn miljoen sterre is. Met die vordering van die teleskoop het dit in die sewentiger jare geblyk dat daar oor die ses miljoen sterre in hierdie sterrestelsel is en teen 1990, dat daar 10 miljoen is. Op vergelykende wyse het ons huidiglik die vermoë om deur ʼn Transmissie-elektron- mikroskoop organismes te sien teen vergroting van 200 000 maal. Die GBM behels selfs mikrobes wat klein genoeg is om deur ʼn 0.22 mikron filter te gaan, wat veronderstel is om alle baktereë uit to filtreer!  Aangesien sommige mikrobes in GBM dus so baie klein is, is Nano Tegnologie nodig om hulle te kan sien en bestudeer. Deesdae het ons ‘smart’ fone wat nano tegnologie gebruik om mikroskopiese elektronika te vervaardig. Ongelukkig weet die mens meer oor wat in die ruimte aangaan as wat onder die oseane aangaan, en nog minder van wat in die grond gebeur waarvandaan al ons kos ontstaan!  Maar ons het geloof dat grond- biologie vinniger sal vorder in die nabye toekoms met die gebruik van Nano Tegnologie om ons ervaringe te beproef. Universitiet Noordwes in Potchefstroom doen wetenskaplike navorsing met bevondsing van die Mielie Trust, en hul resultate sal mettertyd gepubliseer word
Wetenskaplike Bewyse
English
Afrikaans