Kopiereg 2015
GROND BIO-MUTI (GBM) GROND BIO-MUTI bestaan uit ʼn gebalanseerde mengsel van mikrobes wat natuurlik in gesonde grond voorkom en aangewend word om uitgeputte grond te herstel, en gewone grond meer vrugbaar te maak sonder die gebruik van chemiese kunsmis. Hoe om GROND BIO-MUTI in U tuin te gebruik: Sprei ‘n 5 cm lagie groen of droë gras tussen plante Verdun die BIO-MUTI 50:1 (±1 koppie op 10 liter) met skoon water en maak die grassnysels daarmee nat.  Hierdie mengsel is genoeg vir 9 m².  Vurk die gras liggies in die grond in en maak weer met water nat. Hoe om GROND BIO-MUTI te gebruik vir kommersiële landbou: Wend die verdunde GROND BIO-MUTI aan op oesreste of veldgras deur middel van ʼn plaagdoder spuit. Maak eers die spuit ordentlik skoon met Cloudy Ammonia of Hydrogen peroxide en spoel hom behoorlik uit om enige chemikalie te verwyder wat andersins die GBM mikrobes sal doodmaak. Verdun die GROND BIO-MUTI 50:1 met water en spuit op die lande. Dan moet die nat materiaal so gou moontlik in die grond ingewerk word met ʼn een-rigting dis. Direkte sonlig maak die GBM mikrobes dood, dus moet mens hulle so gou moontlik saam met die organiese materiaal in die grond kry.  Die maklikste manier is om die spuit op die drie-punt van die trekker te monteer en die dis direk agter aan te sleep. Die mees effektiewe metode is om die spuit op die drie-punt te monteer en die spuitbalk te skuif en op die dis te monteer sodat die SBM reg voor die dis spuit. Maak kompos met GROND BIO-MUTI Verdun die GROND BIO-MUTI 50:1  met water (±1 koppie op 10 liter per ¼ kub. m) en sprei op 50 cm dik lae organiese materiaal terwyl U die komposhoop bou. Gebruik enige van die volgende om U kompos- hoop te maak: Enige groen of droë plant materiaal bv. gras snysels, blare, Enige mis van lewende hawe, insluitend pluimvee en honde. Enige organiese afval, karton, eierrakkies, hout snysels of papier (net nie die blink tipe nie). Voeg ʼn ekstra 50 liter water by vir elke Kubieke meter bio-kompos om die mikrobes genoeg vog te gee. Moenie die hoop meer as 1.5 m hoog bou nie.  Gebruik die GROND BIO-MUTI in lae en U hoef nooit die hoop om te draai nie, en die materiaal sal ook vinniger afbreek in kompos. Die kompos is klaar wanneer U nie meer kan sien wat dit was nie, en dit sal ʼn aardreuk hê. Hierdie tipe kompos is ideaal vir pionier plante en groente. Terwyl U kompos maak, maak seker dat U: Sprei grassnysels eweredig sodat hulle nie klonte maak nie. Breek stokkies af tot klein stukkies sodat hulle makliker afbreek. Bou U kompos hoop in die skaduwee want  hoë temperature en direkte sonlig sal die mikrobes doodmaak. Grond Bio-Muti is beskikbaar in die volgende verpakkings: 5 liter Plastiese bottel. 25 liter Plastiese drommetjie. 210 liter Plastiese drom. 1000 liter Tenk Houer. Produk mag afgehaal word as dit vooraf gereël is by U areaverspreider.
Produk
English
Afrikaans