Kopiereg 2015
Hierdie produk is oor die laaste 20 jaar deur wyle Dr. Pieter Cloete en Nico Snyman B.Sc. Agric. (Agronomie) Pta. ontwerp.  Nico is sy hele lewe lank betrokke by die ontwikkeling van kommersiële landbou en het baie jare terug tot die gevolgtrekking gekom dat konvensionele landboupraktyke die grond biologie benadeel tot so ʼn mate dat dit  amper onmoontlik raak om gesonde plante te kweek. Dus het Nico homself toegespits om ʼn natuurlike metode te ontwikkel wat dooie grond biologies kan herbou op groot skaal. Hy het met kompos eksperimenteer, en enige ander metode wat hy in die hande kon kry. Saam met Dr. Cloete het hulle oor baie jare proewe gedoen met allerhande tipes plante.  Daarna het Nico uitgevind dat sy metode baie in gemeen het met die Rudolf Steiner Bio-Dinamiese metode. Hierdie proewe het sonder twyfel bewys dat GBM werklik doeltreffend is. Die Universiteit van Noord-Wes in Potchefstroom het onlangs met befondsing van Die Mielietrust begin met  navorsing om te probeer verstaan watter mikrobes teenwoordig is in GBM en hoe hulle saam met plantwortels werk.
Die VOORFRONT van GEWAS-WETENSKAP Deur Nico Snyman: B.Sc. Agric (Agron.)Pret. Ses jaar na ons begin boer het in die trope in die Noord-Oostelike gedeelte van Zambie wat deel is van die Kongo opvanggebied, het ons besef hoekom boerdery in die trope altyd saamgaan met ontbossing. Dit is omdat met bewerking, al die plantvoeding uit die grond verlore gaan weens die verwydering van biomassa. Wat ons toe nie besef het nie, is dat die grond wat min plantvoeding behou, ook arm is aan mikrobes, en dit is die belangrikste deel. Met ‘n terugblik is die eerste items wat verlore gaan uit die grond met konvensionele landbou, die swamme en bakterieë. Hierdie swamme werk saam met die wortels van die plante en help om voeding en water in die plant op te neem en dit het ‘n geweldige effek op plantgroei. Toe ons besef dat as ons die grond bewerk om kommersiële gewasse te plant met meganisasie, moet ons gedurig die bakterieë en swamme vervang. Vir hierde doel het elke boer toegang tot ʼn ‘bio-bank’ nodig waar al hierdie bakterieë en swamme beskikbaar is om in die grond aan te wend.
Lees Meer... Lees Meer...
Meer Oor Ons
English
Afrikaans