Kopiereg 2015
NAVORSING Na sewe jaar se navorsing en oplossing van die probleem, het ons ontdek dat Rudolph Steiner al in 1924 in Oos Duitsland, hierdie prinsiepe voorgestel het. Maar sy metode is tydsaam en onprakties vir grootskaal aanwending, en is nie kompleet nie. Dit is waarskynlik waar die idee van kompostee ontwikkel het. Die probleem met kompostee is dat dit nie al die nodige mikrobes bevat nie. SAMESTELLING VAN GROND BIO-MUTI Grond Bio-Muti is van vrugbare rou grond gemaak wat al die noodsaaklike groei komponente, nl. bakterieë en swam-spore bevat.  In die GBM is die bakterieë in ‘n stabiele vorm na verbruik van die voeding en gaan dit in ʼn dormante stadium en kan dit, sonder direkte sonlig en gematigde temperature, vir ʼn paar jaar oorleef. Met ‘n optiese mikroskoop is die bakterieë nie sigbaar nie, en hulle groei ook nie in ‘n Petribakkie met ʼn groeimedium nie. Die enigste metode om hul te analiseer en bestudeer, is deur ʼn duur proses van DNA ontleding, of miskien met ʼn elektron mikroskoop.  Laboratoriumtoetsresultate van ʼn oplossing van GBM, terwyl die mikrobes nog groei, wys dat dit meer as 875 000 bakterieë per milliliter bevat. Die rede vir die sukses van GBM is dat dit gesamentlik vermeerder word.   (A) GIS en SWAMME IN GROND BIO-MUTI Gis is veral volop op die wortels van verskeie plante soos kool, suikerbeet ens.   Gis kom  meestal in die bo-lae van die grond tussen 2 en 10 cm diepte voor.  Hul getalle vermeerder met metaboliese middels. Dit is bewys dat gis plantgroei bevorder,  antibiotika produseer, siekte-weerstand opbou en groei reguleerders produseer. Die volgende mikrobes is al in GBM ontdek: Saccaromyces cerevisiae, Candida glabrata, Issatchenkia sp. Issatchenkia orientalis. (B)  SIMBIOTIESE STIKSTOF VERBINDERS: Hierdie is die tipe bakterieë wat knoppe op plant wortels maak.  Hulle is bekend op die wortels van gewasse soos soja en grondboontjies ens. Sinorhizobium ; Bradyrhizobiaceae       2.    OOP STIKSTOF VERBINDERS EN HUMUS VERVAARDIGERS: Hierdie is die belangerikste dele van GBM en hulle is verantwoordelik vir die dramatiese groei van plante: Acetobactor lovaniensis  & Acetobactor ghanensis “Die Genus Acetobacter is bekend vir die vermoë om ethanol saam met suurstof om te sit tot asynsuur. Acetobacter is ʼn stikstof verbinding bakterieë. Dit is bewys dat ʼn paar spesies van die genus plantgroei bevorder alhoewel die presiese werking van die proses nie ten volle verstaan word nie.” (Dr. A. K. Surridge 2011)  Die volgende families van bakterieë mag miskien dieselfde stikstof verbinding veroorsaak, maar dit is nog nie beyws nie: Marinobactor Rhodobactor capsilatus Limnobactor thiooxida
Volgende Volgende
English
Afrikaans
1.